Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 24 May 2025
Times:
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Die duo Skemer,
wat bestaan uit die egpaar Andrea en Armand Espach, se splinternuwe enkelsnit
“SOEN” is ? roerende ballade en beskryf die perfekte oomblik wanneer jy jou
ander helfte soen. “SOEN” is geskryf
deur die jong en talentvolle liedjieskrywer Theo Amstel van der Westhuizen. Andrea en Armand
het dié musikant se liedjies op sosialemedia raakgesien en sy skryftalent het
hulle dadelik aangegryp. “Ons het hom
gekontak en so het “SOEN” in ons skote geval. Ons wou nog altyd ? ballade
opneem en het dit uiteindelik ná ses jaar van Skemer se bestaan gedoen.” “SOEN” vertel van
daai oomblik wat jy voel die wêreld kan maar stil staan en vergaan en al wat jy
nodig het is die ander persoon in jou arms. Die liedjie vang
die emosie vas van die eerste soen, maar dit verteenwoordig ook die
struikelblokke wat in verhoudings oorkom moet word. “Al gaan ? mens
deur moeilike tye kan jy altyd terug verwys na hoe jy voel wanneer jy daai
spesiale persoon soen.” Die musiekvideo
vir “SOEN” is vervaardig deur Leon Barnard en beeld die emosie uit van die
oomblik voor en tydens die spesiale soen. “Die wêreld staan
stil; reëndruppels val stadiger en al wat jy nodig het is die persoon voor jou.
Die res van die wêreld is swart om ons.” Skemer het
onlangs die treffer “Net een soen” uitgereik en toer tans die land plat met
hulle solovertonings.