Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 23 August 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Currently
Dewald Steyn acts as a live performer as an artist, and also entertains the
crowd or requested events such as corporate functions, weddings, house parties,
club events and more to entertain with regards to the appropriate need. Either
as a live performer or as a DJ, MC etc. In his words: "I don't know where
the lamp with the genie is hidden, but I will definitely make your party wishes
come true."
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 24 August 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Jay Morgan roer hartsnare met ‘n vars, moderne & oorspronlike Afrikaanse
liefdeslied: ‘Ek onthou nog”.
Jay Morgan is ‘n jong verskietende ster van Delmas. Sy dagboek is aan die brand want die
SA publiek hou van hierdie donkerkop se aantreklike verhoog persoonlikheid en ‘pop’ reg
stem wat elke noot raakslaan.
Jay Morgan bewys dat hy het wat dit vat om die pad na sukses te stap. In 2021 wen hy ‘n
medalje toekenning by die nasionale Afri-Indie Musiektoekennings vir ‘Nuweling van die
jaar’. In 2022 wen hy ‘n sertifikaat toekenning weereens by die nasionale, jaarlikse AfriIndie Musiektoekennings vir sy elektroniese dans musiek oorspronklike enkelsnit “Neon
ligte’.
“Ek onthou nog’ handel oor hoe Jay Morgan die liefde ervaar. Hy gebruik die lewe se
hoog- en laagtepunte wat hy saam met sy vrou op die pad na drome ervaar as inspirasie.
Sy staan hom by deur die sonskyn en storms en haar liefde is dus sy anker.
Die lirieke is geskryf deur Jay Morgan en top musiek vervaardiger Vincent Gordon. Vincent
Gordon het die musiek vervaardiging behartig en saam wou hulle ‘n vars, moderne
Afrikaanse liefdeslied vrystel. Jay se ondersteuners vra herhaaldelik vir die lied by sy
lewendige vertonings en daarom glo ons as sy publisiteit span dat die radio stasie
luisteraars ook aanklank sal vind by hierdie vars juweel.
Jay Morgan was ook al bevoorreg om saam ander groot name op te tree by lewendige
vertonings soos Dirk Van Der Westhuizen, Ivan Roux, Dodo, Elandré en Neil Somers om
net n paar te noem.
Ons verskaf hierdie enkelsnit met trots aan u. Ons sal enige speel van hierdie kwaliteit
enkelsnit waardeer. Jay Morgan is ook beskikbaar vir enige radio onderhoude of artikels.
Enige verdere vrae oor Jay Morgan of die enkelsnit kan gerig word aan Lukas Potgieter
van LCP Productions.
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 30 August 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! David Fourie het beslis geen
bekendstelling nodig nie. Sedert hy in 2002 sy buiging op die SA IDOLS-verhoog
gemaak het, het hy diep spore in die plaaslike musiekbedryf getrap en kan hy
spog met ’n hele rits treffers, hoogtepunte en toekennings. Hy was nog altyd ’n kreatiewe
siel, wat dit geniet om uit die boks te dink, en sy nuutste enkelsnit, ON
THE RADIO, is ’n goeie getuigskrif van hoe hy dit regkry om sy unieke
stempel af te druk op elke projek wat hy aanpak. Hierdie herskepping van die
gewilde Donna Summer-treffer, wat vervaardig is deur Marius Brouwer en Dirk van
Niekerk, kombineer elemente van soul-, disco- en popmusiek op ’n unieke en
moderne manier en sal beslis aanklank vind by diegene wat lief is vir sy
musiek. “Ek is ’n groot aanhanger van
Donna Summer en die disco-/ soul-era. Daarom het dit vir my, as musikant, baie
genot verskaf of nuwe lewe in hierdie liedjie te blaas en dit op die radio vry
te stel,”
verduidelik hy. “ON THE RADIO is natuurlik elke sanger se droom en
dit neem my terug na my kleintyd in die platteland toe ek graag my liedjies oor
die radio wou hoor.” ’n Musiekvideo van hierdie
besonderse verwerking is ook nou beskikbaar. Dit is in Johannesburg verfilm,
met Pierre Smith aan die stuur, en sluit ’n mengsel van ateljee- en
buitelug-beeldmateriaal in. “Die video vertel ’n storie van wat gebeur wanneer jy ’n
lied oor die radio hoor wat jou herinner aan ’n verhouding wat jou ’n les
geleer het, en nes jy dink jy het aan beweeg hoor jy weer iets wat alles
terugbring,” deel die musikant. “In die video word ek uitgebeeld as hierdie netjiese
sanger wat sing en klavier speel saam met die radio, asook as my growwer
getatoeëerde alter ego,” verklap hy. “Daar
is ook ’n toneel van ’n meisie wat dans op die dak en emosie weergee. Die
beelde pols soos wat golwe op die radio ook maak maar ook hoe jou
emosionele golwe op en af gaan.” Volgens hom is die boodskap dat musiek (veral oor die radio) ’n geleier is
vir die siel omdat dit golwe van herinneringe en emosie terug bring, goed of
sleg. Kyk die video hier: https://youtu.be/iDHe-8YsNHo ON THE RADIO volg in die voetspore van
talle groot radiotreffers, waaronder Ek Wil Jou Ken, Kaboemielies, Hou My Vas Stywer Vas, My Hart Het
Klaar Besluit, Jy Soen Soos ’n Engel, Vandag Maak Ek Jou My Vrou en vele meer. David sing al vandat hy ses
jaar oud is en wou nog altyd ’n musikant wees. Hy het die mark amptelik in 2002
betree nadat hy ’n finalis was op die Suid-Afrikaanse weergawe van die
musiekprogram, IDOLS. Kort daarna is sy eerste
album, Land in die Suide, uitgereik waarvoor hy in 2003 ’n SAMA-benoeming
ontvang het. Oor die jare het hy verskeie loopbaanhoogtepunte
bereik, waaronder openingsvertonings vir Westlife gedurende hulle
Suid-Afrikaanse toer en om uitgenooi te word om as spesiale gas by die
Eurovision-sangkompetisie op te tree in 2011. Hy het ook die wenliedjie, Running
Scared, opgeneem wat ’n groot treffer in Suid-Afrika was. Verder het hy ook
al die voorreg gehad om die Suid-Afrikaanse, Australiaanse en Skotse
volksliedere te sing tydens toetsrugby. Dié 42-jarige Vrystater woon tans in die Kaap saam met sy lewensmaat, Shaun.
Hy spog met ’n graad-ses-musiekkwalifikasie van Unisa en was deel van die
Bloemfonteinse Kinderkoor, wat in Duitsland en Switserland opgetree het. Hy het ook op ’n kol in Nieu-Seeland gewoon, gewerk en opgetree, voordat hy
onlangs weer teruggetrek het Suid-Afrika toe. David sou graag ’n sjef of ’n koskenner wou wees as hy ’n ander beroep moes
volg en hy moes op een stadium verslankingsprodukte verkoop om te oorleef toe
hy in Indië gebly het. Die musiekbedryf het hom geleer dat dit soms goed is om ’n blaaskans te vat
en weg te tree uit die kollig om jouself opnuut te ontdek en te vernuwe. Hy werk ook as ‘n kreatiwiteitsbestuurder vir ’n maatskappy in Nieu-Seeland
en maak Engelse studiemateriaal vir kinders regoor die wêreld. Hy is ook besig
om sy eie fiksheidsklerereeks te ontwikkel en gee musiekles vir kinders met
gestremdhede. Sy planne vir 2023 sluit heelwat nuwe
musiek in en hy beplan ook om aanlyn ’n liedjie op te neem saam met kinders in
Auckland, wat op die spektrum is en met fisiese uitdagings sukkel. ON THE RADIO is ’n knap verwerking van ’n
ou gunsteling, wat luisteraars lank sal bybly en jonk en oud sal bekoor. Dié besonderse herverwerking van ’n gewilde
treffer is simbolies van hoe David ook konstant besig is om homself te vernuwe,
want elke gewilde treffer verdien dit immers om soms ’n nuwe baadjie aan te
trek. “Die liedjie is regtig ’n
samevatting van my sterkpunte: my stem, klavierspel, kreatiwiteit, ritme en
emosie en dit is ’n herdenking wat erkenning gee aan ouer genres soos disco en
soul,” sluit hy af. Hierdie snit is nou beskikbaar
op digitale platforms. Kry dit hier: https://li.sten.to/ontheradio SOSIALEMEDIASKAKELS: Facebook: https://www.facebook.com/davidfouriepage/ Instagram: @davidfourinsta Twitter: @mydavidfourie TikTok: David Fourie
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 31 August 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Willem Botha het sedert sy deelname aan Idols diep spore getrap as sanger, akteur, TV-aanbieder, en onlangs ook met sy werk as fotograaf en grimeerkunstenaar. Hy vier vanjaar reeds sy agtiende jaar in die bedryf. Willem is iemand wat nie maklik vergeet word nie. Met sy unieke stem en aansteeklike persoonlikheid het hy ‘n plek in die harte van musiekliefhebbers regoor die land verower. Oor die afgelope paar jaar is sy musiek, vanaf sy vyf albums (Kô Ma Hier, Sê My Nou, My Stem is Joune, Soen & Vergeet en ‘n Liefde Soos Die), nie net met verskeie toekennings (Huisgenoot Tempo-toekenning vir Beste Nuweling in 2007 en Fiëstas-toekenning vir Beste Aanbieder 2012) en nominasies (SAMA-nominasie vir Sê My Nou in 2010, Huisgenoot Tempo- en Ghoema-nominasie vir My Stem is Joune in 2013) vereer nie, maar het hy homself ook gevestig as akteur op die silwerskerm (Liefling-Die Movie, Pretville), die kassie (Donkerland, Sterlopers) en verhoog (Tree Aan, Reik Na Die Sterre, Altyd In My Drome). Hy hou ook sy lyf aanbieder op Kwêla op kykNET en was ook op die Top 20 op kykNET NOU! Hy skuif deesdae agter die kamera in, waar hy van die land se grootste sterre afneem vir glanstydskrifte se voorblaaie. Sy enkelsnit en musiekvideo, Een Shot, is ook bekendgestel en het op verskeie radiostasies se ranglyste gepronk en bly steeds ‘n gewilde liedjie vir ‘n naweek-kuier. Sy vyfde album, ‘n Liefde Soos Die, is in Februarie 2020 bekendgestel en die titelsnit, ‘n duet saam met die talentvolle Tarryn Lamb, het vinnig ‘n groot gunsteling geword onder verliefde paartjies en ou getroudes. In 2022 stel hy sy eie grimeerreeks, Willem Botha Beauty, bekend op die sukses van sy uiters gewilde Willem Botha Make-Up Masterclasses wat hy regoor die land aanbied en vroue toerus met die selfvertroue en tegnieke wat hulle soos ‘n superster laat lyk en voel. Hy was ook twee agtereenvolgende jare die aanbieder van die kykNET Ghoema Musiektoekennings wat regstreeks uitgesaai is. Willem was ook die eerste Afrikaanse kunstenaar wat in 2013 aan die Eurovision Song Contest deelgeneem het. Hy was deel van die span van Belarus en hulle het deurgedring tot in die finaal. Meer as ’n 100-miljoen kykers het die finaal in 44 lande gevolg. Alhoewel hy reeds vandat hy 17 is profes- sioneel besig is met musiek, het hy eers in 2006 regtig begin naam maak toe hy 2de plek behaal het in die 1ste Afrikaanse Idols-kompetisie. Hy het ook reeds opgetree in onder meer België, Nederland, Luxemburg, Swede en Dubai. “Breek Op In Stereo,” “Soen & Vergeet,” “Swartskaap,” “Vat Oor By My Jesus” en “‘n Liefde Soos Die” kan beskou word as van sy suksesvolste enkelsnitte, en eersgenoemde het reeds die nommer een posisie op al wat ’n radiostasie is beklee. Sy nuutste enkelsnit "2010" het trefferparades oral beklee is 'n moet vir enige naweek- of partytjiespeellys. Die musiekvideo is baie gewild op YouTube met 'n sterbelaaide rolverdeling.