Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 24 January 2026
Times:
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! David Fourie het hom in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gevestig met ‘n
platinumverkoper loopbaan. Hy het op 6-jarige ouderdom begin sing en het sy
professionele verskyning gemaak in 2002, toe hy die eindronde van die
gewilde Idols-South Africa gehaal het. Vandag is David bekend vir treffers soos Ek wil
jou ken, Land in die suide, Kaboemielies, Hou my vas stywer vas, On the Radio en sy
mees onlangse no.1-treffer, en Afri-Indie toekening wenner (Beste Pop Dans), Die Dans
Ding.
RE-INVENSIE
David het die behoefte gevoel om sy verhouding met musiek en sukses te
her-evalueer en verhuis na Auckland, Nieu-Seeland. Op hierdie reis wou hy sy stem as
kunstenaar en musikant herontdek en met net sy klavier as straatmusikant begin sing.
Terwyl Nieu-Seelanders hom vinnig opgemerk het, het hy regoor Nieu-Seeland begin
optree, insluitende twee internasionale rugbytoetse, en die Suid-Afrikaanse volkslied
gesing.
MUSIEK GESKIEDENIS
Hy het sy eerste kontrak met Sony Music Entertainment geteken en ontvang ‘n SAMA
nominasie vir sy debuut album, Land in die suide in 2004. Daarna het hy nog drie
afrikaanse albums vrygestel waarvan al drie goue verkopestatus bereik het. Dit sluit onder
meer in treffersnitte soos, Kaboemielies, Jy soen soos ‘n engel, Grotman en My hart het
klaar besluit en Hou my vas stywer vas. In 2011 het hy ook ‘n engelse album uitgebring,
getiteld, Just for you – a special collection of songs. Luisteraars reg oor die wêreld het ‘n
bewondering gekry vir sy musiekweergawes van Chris Isaak, John Gary, Chris de Burgh,
John Lennon, Carol King en meer. In 2023 debuteer hy as vervaardiger, regisseur met die
bekroonde enkelsnit en video, On The Radio.
David keer terug na die Afrikaanse pop arena met ‘n dansvloer oorwurm,
Die Dans Ding, wat sy evolusie as skrywer en kunstenaar ten toon stel met ‘n vars aanslag.
Sommige van sy liedjies het ‘ anthems ’ in eie reg geword, Kaboemielies kan nog tydens
studentebyeenkomste op die kampusse gehoor word en Hou my vas stywer vas is ook
onlangs deur die bekende platejoggie Pretorius vermeng vir die nuwe generasie.
INTERNASIONALE WERK
David het tot dusver verskeie loopbaanhoogtepunte geniet, waaronder die opening vir
Westlife op hul Suid-Afrikaanse toer en in 2011 is hy as spesiale gas na die Eurovision
kompetisie in Dusseldorf genooi. Hy het ook die wenliedjie, Running Scared, opgeneem
wat ‘n no.1-treffer in Suid-Afrika geword het. Hy het verskeie kere op internasionale
televisie verskyn en die Suid-Afrikaanse, Australiese en Skotse landsliedere uitgevoer
tydens rugbytoetse tussen 2007 en 2019.
ONDERSTEUNERS
David se musiek is deur entoesiaste regoor die wêreld omhels
220 000 YouTube-uitsigte, 40 000 Facebook-vriende, 14 000 Twitter
volgelinge en 25 000 maandelikse Spotify-luisteraars.
GEMEENSKAPSWERK
David is groot gemaak in ‘n laer middelklasgesin in Suid-Afrika en het nog altyd ‘n
passie gehad vir mense met verskillende kulturele en sosio-ekonomiese agtergronde. Hy
was ‘n tutor vir Star Jam, ‘n Nieu-Seelandse organisasie sonder winsoogmerk wat gratis
sangklasse bied aan mense met liggaamlike en geestelike gestremdhede. Deur sy platform
te gebruik, speel hy ook ‘n aktiewe rol in die bewusmaking en fondse vir hierdie saak. Hy
is in Suid-Afrika ook betrokke by die Rupert Imibala Trust waar hy met kinders vanuit
verkeie sosio-ekonomise agtergronde werk om hulle talent hier en op internasionale
vlak te bevorder.